Na maande van onderbreking is daar goeie nuus vir reisigers en plaaslike gemeenskappe: die pont by die Sendelingsdrift-grenspos sal op Woensdag, 20 Augustus weer begin funksioneer.
Hierdie pont, wat Suid-Afrika en Namibië verbind binne die |Ai-|Ais/Richtersveld Oorgrenspark, is sedert 17 Maart 2025 buite werking ná ongekende hoë watervlakke in die Oranjerivier en daaropvolgende vloede.
Volgens Genevieve Maasdorp, kommunikasiebestuurder vir die Ariede Streek van SANParke, het die rivier se vlak nou genoegsaam gedaal om veilige pontbedrywighede te hervat.
Die pont sal daagliks, insluitend openbare vakansiedae, bedryf word van 08:00 tot 16:15.
Upington misdaad statistiek
Upington, die administratiewe sentrum van die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap, het in die 2024–2025 finansiële jaar ’n beduidende toename in misdaad ervaar. Die mees onlangse misdaadstatistieke dui op ’n algehele styging in geweldsmisdaad, wat die gemeenskap en plaaslike owerhede ontstel het.
Twee neefs laat borgtog-aansoek vaar ná moordverdagting in De Aar
Twee neefs, Aphiwe en Dief Adams, het hul borgtog-aansoek laat vaar ná hulle aangekla is van die moord op 32-jarige Litwina Johnson.