Foto: Facebook
Foto: Facebook
KATHU: Die Gamagara Munisipaliteit het amptelik ’n nuut opgegradeerde sokkerveld van Kumba Iron Ore ontvang, wat die gemeenskap ’n moderne sportfasiliteit bied.
Die 100m x 58m grasveldfasiliteit is teen ’n totale beleggingswaarde van R7,7 miljoen opgegradeer. Die projek het in 2021 begin en het ’n gefaseerde konstruksieproses deurloop, met onder meer twee paviljoene, ablusiegeriewe en ’n waterbesproeiingstelsel.
Die burgemeester van Gamagara en Siyathemba-wyksraadslid, Johan Roman, het die gemeenskap aangespoor om die veld te gebruik en te versorg:
“Vandag is ’n wonderlike dag en as die munisipaliteit is ons baie bly. Ons is trots dat ’n plaaslike kontrakteur aangestel is om die werk aan hierdie fasiliteit uit te voer. Hierdie sokkerveld behoort aan die Gamagara-gemeenskap en mense moet gerus hier geleenthede kom aanbied. Ons waardeer die bydrae wat Kumba gemaak het om dit moontlik te maak, werklik.”
Mnr. Mhlanganisi Madlongolwana het beklemtoon dat die projek, wat reeds sedert 2017 beplan is, ’n bewys is van wat mense kan bereik wanneer hulle saamwerk:
“Die belegging wat in die veld gemaak is, is ’n belegging wat ons toewyding aan die gemeenskap weerspieël. Ons wil graag die munisipaliteit bedank vir hul betroubare vennote dwarsdeur hierdie proses. Om hierdie projek aan die gemeenskap te kan oorhandig gedurende Nelson Mandela-maand, maak ons ekstra trots.”